Die Inisiasie

As geopenbaar aan God se Boodskapper
Marshall Vian Summers
op Junie 28, 2011
in Boulder, Colorado

Terwyl die wêreld besig is met sy daaglike sake, die Boodskapper moet verkondig. Hy moet God se Nuwe Openbaring verkondig, omdat dit die sleutel van so baie mense se lewens en toekoms hou.

Dit sal hul roeping inlei, hul groter roeping, wat nie deur enige ander lering of enige ander werklikheid ingelei kan word.

Dit is hier om die wêreld voor te berei vir die groot verandering wat kom, die Groot Golwe van verandering – die groot omgewings, ekonomiese en politieke verandering – wat ver groter as wat mense vandag verwag is.

Daar is baie mense wat vir die Nuwe Openbaring wag, want hulle het nie hierdie Inisiasie in die godsdienste van die verlede, in die tradisies van die wêreld gevind nie. Hulle was nie bekwaam om die dieper verbinding deur liefde, deur werk, of deur enige ander bedrywigheid te vind nie. Hulle het so lank gewag. So lank het hulle vir die Openbaring gewag.

Vir hulle, is dit nie slegs ‘n lering of ‘n verskynsel nie. Vir hulle, is dit nie slegs iets daaroor te spekuleer, of daarmee te stry of te ontken en te verwerp nie. Vir hulle, is die Verkondiging nie beledigend of vreemd nie. Dit is die perfekte ding.

Dit is hul Inisiasie. Dit bevat hul roeping, sprekend deur die Antieke Gange van hul verstande, spreek aan ‘n deel van hulle wat hulle skaars weet, maar wat die sentrum van hul Wese en hul teenwoordigheid in die wêreld is.

Vir hulle, is hierdie die grootste oomblik hoewel hulle mag nie sy volle betekenis of wat dit in die toekoms sal verg verstaan nie. Vir hulle, is dit hierdie waarvoor hulle gewag het.

Hulle was in die wêreld gestuur om in ‘n tyd van groot oorgangs te wees. Hulle was in die wêreld gestuur om deel van die bou van ‘n nuwe toekoms te wees. Hul verbinding is meer met die toekoms as die verlede. Hulle is die kinders van die toekoms.

Wat tevore gebeur het, wat tevore geopenbaar was, mag besielend of nuttig vir hulle wees, maar dit bevat nie hul Inisiasie nie. Dit bevat nie hul groter roeping nie. Hierdie dinge bevat nie wat hulle gesoek het en waarvoor hulle so baie lank gewag het nie. Dit is hul bestemming, jy sien.

Jy kan nie verander wat ingestel was tevore jy in die wêreld gekom het. Alhoewel die gebeure van die dag en van die jaar kan jou omstandighede verander en jou geleenthede verander, is jou bestemming nog dieselfde.

Jy mag met hierdie veg. Jy mag met hierdie stry. Jy mag probeer om dit met groot projekte, groot romanse, groot beywerings of allerhande afleidings en fantasies te vervang, maar jy kan nie verander wat binne in jou gestel was tevore jy gekom het.

Hoe dit sal gebeur, of dit sal gebeur, waarheen dit sal gebeur mag al verander word en word verander deur die veranderende omstandighede van die wêreld en deur die veranderende verbintenisse binne in mense en hul toestand en hul omgewing en so voort.

As dit jou bestemming is om die Nuwe Boodskap te ontvang, dan kan jy nie jou roeping in enige ander plek vind nie. Probeer soos jy mag doen. Wees weerstandig. Ontken dit. Staan afsonderlik. Probeer om fout daarmee te vind. Probeer om dit te verminder. Probeer om dit weg te hou. Maar jy kan nie die feit dat dit jou bestemming bevat verander nie.

Jou verstand mag spekuleer. Jou verstand sal vraag. Jou verstand sal dink dit is belaglik; dit kan nie so wees nie. Maar jou hart sal ken. Jou siel sal aktief raak.

Dit is soos die Stem wat met jou gepraat het tevore jy in die wêreld gekom het, voorbereidend jou om in hierdie moeilike en uitdagende omgewing te gaan. Dit is daai Stem – soos daai Stem, soos Ons Stem – wat die verbinding lewend maak, wat die hoofsaaklike fokus en bedoeling van jou lewe herstel.

Maar op die oomblik van Inisiasie, sal jy nie verstaan nie. Dit sal jy so deurmekaarmaak. Dit is so verskillend as jou doelwitte en jou idees en jou opvattings oor jouself en wat jy in die wêreld doen.

En skielik, is dit soos jy deur weerlig geslaan is, en vir ‘n oomblik in die donker, is alles belig. En jy sien die waarheid van jou lewe en hoe ver jy werklik is van jou groter doel en roeping af, drywend asof jy ‘n vlotboot op die oseaan is, orals deur die winde en die golwe van die wêreld gedra.

Maar God het jou gevind terwyl jy in die uitgestrektheid van die sees drywend, het jou gevind. Soos ‘n klein spikkeltjie op die oppervlak van die oseaan, is jy gevind. Jy is deur die Openbaring gevind.

Ongeag jou omstandighede of staat van verstand, die Roeping sal aan jou spreek, want dit jou bestemming verteenwoordig. Dit is nie iemand anders se bestemming nie. Jy hoef nie oor hulle te bekommer nie. Dit is jou bestemming.

Jy mag sê, “Wat van ander mense? Wat van my man of my vrou? Wat van my kinders? Wat van my liewe maat?”

Maar God het die spikkeltjie op die oseaan gevind, en daai spikkeltjie is jou.

Hierdie is die Inisiasie. Geheimenisvol, dit is. Jy kan dit nie met jou intellek begryp nie. Jy kan nie beheer wat dit beteken of wat dit sal jou lei om te doen nie. Dit is buite jou beheersing omdat God buite jou beheersing is.

Jou groot idees, jou vastige gelowe, sal alles oppervlakkig en swak lyk in die gesig van die Teenwoordigheid. Jou argumente is leeg. Jou verwerping is sonder ware emosie. Jou ontkenning is oneerlik. Jou weiering is sonder betuiging. Want dit is jou Inisiasie.

En sodra as die Inisiasie erken geword het, ná ‘n bietjie sukkeling, die reis van voorbereiding strek uit voor jou. Die Stappe na Kennis strek uit voor jou. Die terugeising van jou ware lewe en alles wat dit van jou en jou aktuele omstandighede en verpligtings sal vra word voor jou uitgelê, stap ná stap.

Jy kan nie na jou doel toe kry van waarheen jy is nie omdat jy bedrywend is, en het nie jou veilige hawe gevind nie. Jy het nie die sig van die land waarheen jou lewe bedoel om te wees is gevind nie.

Wat ‘n tyd dit is om deur die Openbaring geslaan te word. Oombliklik sal dit lyk, maar skielik begin alles verskillend te voel. Jy het ‘n ervaring gehad wat by jou gewone ervarings afsteek, en hierdie begin om ‘n kontras te skep wat jy voort met jou sal aandra. Want niks wat jy alleen kan doen kan met hierdie wedywer nie. Dit is groter as enige ervaring jy ooit geprobeer het om te hê. Dit is groter as enige doelwit jy het ooit vir jouself gestig.

Jy voel bang en oorweldig, deurmekaar, maar dit is oukei. Dit is natuurlik. Om jou lewe so skielik te verander, sal seker deurmekaarheid en disoriëntering skep. Dit sal seker ontnugterend vir jou aktuele obsessies en afleidings wees.

Ná God het God se merk op jou gemaak, dan is dit nie soos jy kan dit uit jou lewe vee of dit geheimhou of dit weggaan maak of dit vir jouself verduidelik sodat sy mag verminder is nie. Jy gaan stry met die Openbaring vir jou?

Dit het nie toevallig gebeur dat jy die Nuwe Openbaring gevind het of selfs daaroor gehoor het nie. Al die kragte van die Hemel wat jou ondersteun geprobeer het om jou tot hierdie punt van erkenning te kry en om jou te weerhou van jou eie lewe in die proses te verwoes, om die skade jy alreeds gedoen het, die gemors jy alreeds geskep het te beperk sodat jy beskikbaar en bekwaam om te beantwoord kan wees.

Die Inisiasie mag jou hulpeloos en deurmekaar voel, baie onseker. Jy mag selfs dink dit ‘n groot ongeluk is. Maar van die toestand en die oogpunt van die Hemel, is jy geseënde onder die weiniges, ‘n persoon wat die grootste geleentheid gegee is. Sowat as dit beteken jy moet jou lewe en omstandighede verander? Wat is dit vergeleke met hoekom jy gestuur was?

Betekenisvol vir jou, ja, op hierdie oomblik en dalk betenisvol vir ander mense waarmee jy betrokke is. Maar ‘n groter geleentheid is vir jou gegee, en selfs meer as ‘n geleentheid – ‘n roeping.

Ná hierdie Inisiasie gebeur het, sal jou reis verander, miskien onsigbare in die begin, maar iets het die hele rigting van jou lewe verander. Jy sal nooit rêrig dieselfde wees nie. Selfs as jy jou lewe spandeer om wat gebeur het te ontken en verwerp, sal jy nooit dieselfde wees nie.

Jy sal nooit gelukkig wees met eenvoudige plesiere alleen nie. Jy sal nooit met jou vorige doelwitte en afleidings, stokperdjies of belangstellings tevrede wees nie. Iets het verander.

Van die Hemel se oogpunt, is dit ‘n groot seën. Oplaas, jou lewe het ‘n geleentheid om verlos te word. Maar vir jou kan dit baie verskillend in die oomblik lyk.

Dan moet jy aan die Openbaring klewe as dit jou Inisiasie is, en as dit is, sal jy dit in die sentrum van jou Wese ken. Dit is nie ‘n intellektuele samespreking met jouself nie. Dit is nie ‘n redeneerkuns-proses nie. Menslike redeneerkunde is slegs ‘n sielkundige meganisme om met ‘n onseker en onvoorsigbare wêreld te behandel. Dit is toepaslik in sekere omstandighede en hopeloos in ander omstandighede.

Dit is belangrik dat jy van die Boodskapper weet omdat as die Inisiasie gebeur terwyl hy in die wêreld is, dan word jou geleentheid groter en meer betekenisvol. Dit sou ‘n baie groot misgeluk wees om hom te mis terwyl hy hier is.

Die Openbaring kom net elke weinige eeue, of miskien eens in ‘n duisend jaar, en dit gebeur dat jy hier na hierdie tyd is. Van die Hemel se oogpunt, daardie is ‘n groot seën, ‘n groot geleentheid.

Maar wie kan die Boodskapper herken? Hy lyk baie gewone. Hy lyk nie sensasiewekkend nie. Hy hou nie ‘n groot posisie in die wêreld nie. Hy sal in die skare van mense verdwyn. Hy sal teen mekaar loop. Niemand sal hom herken nie, dalk behalwe diegene wat deur die Openbaring geslaan is.

Vir diegene wat met hom ontmoet, sal hy miskien nie sy ware doel en werk in die wêreld met hulle onthul nie, afhanklik op wie hulle is. Hoe kan dit wees dat iemand sal hierdie nie sien nie? Hoe kan dit wees dat iemand met so baie belangrikheid in die wêreld kan onherkende deur die mense wat langs hom staan wees?

Dit is die dilemma van die wêreld. Elkeiemand het die oë warmee te sien en die ore waarmee te hoor, maar hulle kyk in ‘n verskillende manier, en hulle probeer om wat in hul verstand is en wat hul verstand bevestig te hoor en nie wat in die werklikheid bestaan nie.

So hulle kyk, maar hulle sien nie. En hulle luister, maar hulle hoor nie. Hulle staan langs die Boodskapper, maar hulle besef nie dat hulle langs die belangrikste persoon in die hele wêreld na hierdie tyd staan nie.

Hy sal nooit hierdie dinge oor homself sê nie. Hy is ver te nederig om so te praat, so dit moet vir hom gesê word.

Dit is soos eeue gelede. Jy drink tee by ‘n tafel met Mohammed, maar jy het nie geweet wie hy was nie. Wel, hy lyk soos enigiemand. Hy uitstraal nie die Teenwoordigheid nie. Hy is nie so manjifiek of so almagtig dat almal rond hom flou val weens sy teenwoordigheid nie. Hy is net ‘n man, in tradisionele klere aangetrek, net ‘n man. Daar is hy. Ek sien hom nou. Hy is daarso. Niks spesiaal nie. Hy moes baie hard verkondig sodat mense selfs na hom sou geluister. So blind was almal rond hom, slegs ‘n weinige kon hom gesien. So is die dilemma en die las van die Boodskapper op enige tyd van Openbaring.

Die Openbaring begin met impak. Dit begin met ontevredenheid en die erkenning dat jy op soek is, dat jy nie tevrede is met wat jy hê en waar jy is en wat jy doen nie, omdat hierdie verteenwoordig nie wie jy is en hoekom jy hier gekom het nie.

Diegene wat dink hulle tevrede is het nie diep genoeg binne in hulleself bereik nie om te erken dat hulle kortkom vergeleke met waar hulle moet wees en wat hulle moet doen.

Die doel hier is nie gelukkigheid nie, maar voorbereiding, gereedheid, kontak, herreniging en uiteindelik bydrae tot die wêreld, waarheen dit toespaslik is vir die individueel. Daardie is hoekom die nastrewing van gelukkigheid so bedreigend is omdat die Openbaring sal jou ongemaklik laat voel. Dit sal jou uitdaag.

Dink jy dat God sal kom om jou te troos wanneer jy in die wêreld gestuur was om iets te doen wat jy nou nie doen nie en kan nie moontlik doen nie tensy iets groter vir jou gegee is, tensy jy uit die skare geroep is, tensy jou reis is deur die Mag van die Hemel verander?

Jy sal slegs ‘n spikkeltjie op die oseaan wees, onbekende deur jouself, onbekende deur ander mense. Selfs as jy ‘n groot posisie en baie rykheid en hoogagting in die samelewing hê, die leegheid van jou lewe sal deurtrekkend wees tensy jy jou groter werk gevind het en dit tot die beste van jou vermoë doen.

Diegene wat hierdie dinge doen ervaar ‘n bevrediging en ‘n sin van waarde en mag wat aan elkeiemand anders verlore is, ongeag wat hulle vir hulleself verkondig.

God se Nuwe Openbaring sal die inbors van menslike geestelikheid, wat is deur kultuur, deur gewoontes en deur politieke manipulering bedek is, verduidelik.

Dit sal verduidelik dat jy met twee verstande gebore is – ‘n wêreldlike verstand wat deur die wêreld beïnvloed is en ‘n dieper verstand binne in jou wat nog met God verbind is. Dit sal verduidelik dat die intellek begrensings het, en buite hierdie begrensings moet jy onder die oppervlakte van die verstand gaan.

Dit sal verduidelik dat jy kan nie jouself afsonderlik van jou groter werk en bestemming vervul nie en dat al die plesiere wat jy soek sal kortstondig wees en sal nie die dieper behoefte van jou siel vervul nie.

Dit sal verduidelik dat jy leef in ‘n tyd van groot verandering, waarheen die mensdom se afsondering in die heelal sal tot ‘n einde kom en waarheen die Groot Golwe van verandering sal die wêreld slaan – ‘n tyd van groot onrustigheid en onsekerheid, ‘n tyd vir die Openbaring om te gebeur.

Mense mag wil baie dinge van die Boodskapper hê – hulle hoop vir uitdelings, vir wonderwerke, hoop om in iemand bonatuurlik te glo, hoop dat hul lewens deur sy teenwoordigheid en sy werk sal verryk word.

Hulle sal teleurgesteld wees, soos die vorige Boodskappers het baie mense teleurgestel. Daardie is hoekom Boodskappers ontken is, verwerp is, vermy is en partykeer vernietig is omdat mense kry nie wat hulle wil hê nie. Hulle ontvang slegs wat hulle wragtig nodig.

Wat mense wil hê en die Wil van die Hemel is so baie verskillend. Maar as jy jou dieper behoeftes vir die lewe kan rêrig onderskei verby oorlewing en verkry van die eenvoudige dinge wat benodig is vir vastigheid en veiligheid in die wêreld, sal jy sien dat wat jy wil hê en die Wil van die Hemel is is rêrig dieselfde. Maar hierdie erkenning sou net na ‘n baie diep staat van self-eerlikheid vir die individueel gebeur.

Dit is onwaarskynlik jy het hierdie nog gevind. Maar jy wie Ons woorde hoor het tot die punt gekom waarheen die Inisiasie kan gebeur. Jy moet met jou hart luister, nie met jou beoordeling en jou idees en al die behoeftes wat jy dink benodig is om vir die Openbaring werklik te wees en betekenisvol vir jou te wees nie, asof jy kan hierdie bepaal.

Selfs in mense se treurigheid, het hulle nog nie die nederigheid nie om te erken dat hulle kan nie die bewoordings van inskakeling betreffende hul hoofsaaklike verhouding met die Skepper en met die Wil van die Hemel stig nie.

Jou godsdienstige gelowe kan nie hierdie werklik doen nie omdat dit buite die gebied van gelowe gebeur. Gelowe sal jou nie in jou Antieke Tuiste kry nie, jou Hemelstaat, omdat gelowe te swak is, te kortstondig is. Wanneer jy hierdie wêreld agterlaat, sal jy nie gelowe hê nie. Hulle weggaan saam met die liggaam. Jy sal net daar wees, jy as jy werklik is.

Jou Geestelike Familie sal jou ontvang en vra vir jou of jy het sekere dinge voltooi, en in daardie oomblik, sonder die las en die verblinderende uitwerking van jou gelowe, sal dit helder as die dag wees dat jy het of het nie dié aanvanklike take vervul nie. En daar is geen veroordeling nie as jy nee sê. Dit bedoel net dat jou werk nog nie klaar is nie.

Jy moet werk om terug in die Hemel te kry, jy sien. Jy moet die afgeskeie wêreld, die afgeskeie heelal dien. Jy moet werk jouself terug, deur bydrae en deur self-ontwikkeling. Jy kan nie terug na jou Antieke Tuiste toe gaan as ‘n treurige, verdeelde, strydende, swaarmoedige persoon nie. Die Hemel sal vir jou soos Hel lyk, as daardie die geval was.

God sal nie daarsonder al hierdie probleme klaarkom want God het nie hulle geskep nie. Hulle moet ontgeskep word. God het jou die mag van Kennis, die dieper intelligensie gegee, en ‘n groter roeping om die tragedie van jou vorige lewe en toestand te uitvee en die waardigheid en die bedoeling wat joune is om te opeis en die doel wat joune is om te dien, te herstel.

Alles begin met die Inisiasie. As dit waar en kragdadig sal wees, begin dit met die Inisiasie Daardie is waarheen God die bewoordings van inskakeling uitlê en die begin van jou werklike Tuisreis stig.

Jy kan nie jouself terug na jou ware staat toe bring omdat jy weet nie die pad nie. Jy kan nie slegs ‘n voorskryf van iemand anders volg nie omdat die inskakeling met Kennis en die Teenwoordigheid moet iewers op die pad gebeur, of hierdie sal ‘n intellektuele onderneming en nie ‘n reis van die siel wees nie.

Tyd is kort vir jou wêreld. Daar is nie tyd om dekade en eeue te spandeer om jouself perfek te maak of jou moeilikhede te oplos nie. Die Roeping is vir nou. Die tyd is laat.

Hierdie sal drukking vir jou wees as jy kan beantwoord, maar die drukking sal verminder die tyd dit sal benodig om vir jou te beantwoord en voor te berei. En hierdie is ‘n groot seën, want tyd is gelyk as lyding vir diegene wat kan nie beantwoord nie.

Die gawe is binne in jou, maar jy kan nie die deur ontsluit nie. Jy het nie die sleutel nie. Jy kan nie jou dieper inbors uitvind omdat jy het nog nie die groter prent nie. Jy is nog nie in verhouding met jou Bron nie omdat jou dieper inbors is die verhouding met jou Bron. Hoe kon dit wees dat jy dit ooit in jou Afgeskeidenheid kon vind, verlore in die oseane van die wêreld?

Hierdie is die gawe van die Hemel – dat jou lewe verlos kan word. Maar jy moet die pad veroorloof om voor jou voorgestel te word.

Jy moet die Openbaring beantwoord. As jy het nie God se vorige Openbarings beantwoord nie, dan wag jy vir die Nuwe Openbaring.

Na ‘n sekere punt, in ‘n oomblik van vertwyfeling en teleurstelling, sal jy ‘n dieper roering binne in jou voel. En jy sal erken dat jy vir ‘n groter doel gekom het wat jy nog nie uitgevind het nie, maar wat vir jou wag, vir die oomblik wag wanneer jou lewe geroep word.